Hy gee die vermoeides krag,

Hy versterk dié wat nie meer kan nie

Jesaja 40:29

ONZE RUST SENTRUM VIR BEJAARDES

Onze Rust Sentrum vir Bejaardes in Steynsrus is geleë in die pragtige stil dorpie in die hartjie van die Vrystaat. Hier kan jy ‘n kwaliteit lewe geniet in ‘n rustige, veilige omgewing omring met pragtige tuine.

Steynsrus is halfpad tussen Kroonstad en Bethlehem en dus slegs ‘n uur se ry weg van groter stedelike geriewe en hospitale.
Hier is die welsyn van ons bejaardes vir ons baie belangrik en word versorging met die grootste liefde en respek benader.

AKKOMMODASIE

DIENSTE

Onze Rust Sentrum vir Bejaardes bied 'n verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.

  • Die Sentrum het 2x oornag kamers vir inwoners se familie
  • Dagsorg – hierdie diens word aangebied vir die publiek van Steynsrus. Bejaardes kan by die sentrum versorg word gedurende die dag, selfs al is hulle nie inwoners nie. Twee maaltye en twee tee-tye word aangebied asook versorging en hulp met was / stort.
  • Etes word voorsien aan inwoners
  • Etes kan bestel en afgelewer word aan publiek in Steynsrus
  • Medikasie hantering
  • Bad / stort hulp-dienste
  • Wondversorging
  • Mediese dienste – Bloeddruk, suiker toets, toediening van inspuitings
  • Die NG Kerk diens word elke Sondag via die televisie uitgesaai direk na die Sentrum
  • Die Dominee besoek die Sentrum elke Donderdag
  • Daar word weekliks ten minste 2 aktiwiteite aangebied soos oefeninge, kuns, koor of fliek.
  • Haarkapper
  • DSTV pakket
  • Biblioteek
  • Ry-geleenthede na Senekal en Kroonstad
parallax background